Cullinan Bewarea: Wilde Orgidee Spesies

Volgens die POSA (Plants of SA) lyste vir die 2528CB (Silverton), 2528DA (Cullinan), 2528CD (Rietvleidam) en 2528DC (Bronkhorstspruit) kwartgraad blokke (q.d.s.) is daar altesaam 25 wilde orgidee spesies in die waarvan daar eksemplare in die Nasionale herbarium is, maw, wat in die 4 blokke versamel is. Die 25 species is ingedeel in 7 genera: Bonatea (2 spp), Brachycorythis (3 spp), Disa (2 spp), Disperis (1 sp), Eulophia (9 spp), Habenaria  (7 spp)en Holothrix (1 spp).

Cullinan Bewarea lĂȘ op die grens tussen hierdie 4 blokke. 

Van die 25 species is daar 2 bedreigde species (Habenaria bicolor en Holothrix randii) op rekord in die Cullinan q.d.s. 1 (Habenaria kraenzliniana) in die Silverton q.d.s. en 3 (Habenaria kraenzliniana, Habenaria barbertonii en Brachycorythis conica subsp transvaalensis)in die Rietvlei q.d.s.

In die Cullinan Bewarea is tot dusver 10 spesies raakgeloop. Die Eulophia  sp, Holothrix randii, en Disa woodii, blom gewoonlik in die lente en vroeg somer, terwyl die Habenaria spp, Bonatea spp enBrachycorythis spp in laatsomer en herfs blom. 

Wees intussen op die uitkyk vir die herfs orgidee waarvan fotos langasaan is. Bonatea groei gewoonlik onder bome en die Habenarias in volle son in grasveld.

Habenaria epipactidea

 

Habenaria filicornis

Habenaria kraenzliniana

Bonatea antennifera

Habenaria falcicornis caffra

Habenaria kraenzliniana

Make a free website with Yola