Pom pom

March 2015:Pom pom is a Category 1 plant that has to be eradicated. You could be fined!

Dear Conservancy members and neighbours,

We are pink in the Pom pom’s at present, and the most worrying fact is that the property owners are doing nothing to combat the problem. We have received numerous phone calls from people complaining that while they are eradicating on their properties their neighbours are doing nothing, resulting in re-infestation again.

Last year the Department issued fines to six property owners in our area, four paid the fines (it would have been cheaper to eradicate than to pay the fine ) and two decided to go to court and settled out of court as they realized that they were not  going to win. Please don’t use the argument that the Government must first clean up their properties, you have  a moral responsibility to the environment as a property owner or occupier.

Pom pom is a Category 1 plant and has to be eradicated. CARA legislation

The Conservancy has a limited supply of herbicide available for paid up members. If you require any advice on how to eradicate the Pom Pom please contact the office.

The weed inspectors will be visiting the Conservancy again from the 20th January 2014 and will be looking at the Pom pom and Lantana infestation.

Kind regards
Cullinan ConservancyMarch 2015:

Pom-pom: mooiste onkruid

  Die Pom-pom (Campuloclinium macrocephalum) is ‘n onkruid wat een van die grootste gevare vir ons land inhou omdat dit ongerepte grasveld inneem. Dit behoort aan die Aster familie en maak duisende saadjies wat deur midddel van hul klein “sambreeltjies” deur die wind versprei word. Grasveld wat met Pom-pom besmet is verloor sy drakrag vir vee en wilde diere en raak totaal waardeloos. Die onkruid bedreig dus ons almal se voortbestaan, want as die boere nie vleis en melk kan produseeer nie, kan ons nie lewe nie, grasvretende wild sterf uit, die hele ekonomiese balans van die land word versteur en sy verskeidenheid aan inheemse plante, waarop ons so trots is, verdwyn

Die Pom-pom blom in die somer.

  • Moenie die blomme vir die huis pluk nie, as dit droog word is die sade reg vir verspreiding.
  • Moenie dit in jou tuin plant nie.
  • Maak jou bure bewus van die Pom-pom gevaar.

Aanbevole onkruiddoders:

Ridder, Round-up (om enkel plante te spuit).

Vir erge besmetting: Brush-off, Access en Plenum

Voorgestelde metode

‘n Enkeltoediening (volle bedekking) op aktief-groeiende plante en dan weer eenkeer in die laat somer. Spuit hergroei waar nodig.

As jy baie Pom-pom onkruid op jou plot of plaas het, rapporteer dit onmiddellik. Bel Joan du Toit 083 681 5122 of 012 736 2069. Dis belangrik dat jy die naam van die plaas / plot aangee, indien mootlik ‘n GPS lesing van die besmette plek, en jou kontakbesonderhede.

'n Pdf weergawe van hierdie artikel is ook beskikbaar.

 

Wanneer jy hierdie plante iewers op jou plot of plaas waarneem, doen onmiddellik iets daaraan!

As jy net ‘n paar plante sien, pluk onmiddellik die blomme en knoppe af en plaas in ‘n donker plastieksak. Laat vir ‘n paar dae in warm son lê, sodat die blomme kan ontbind en saadvorming stop. Verbrand die oorblyfsels. Trek die res van die plant met wortels en al uit. As die plant afbreek is dit so goed as ‘n vitamieninspuiting, dan groei al wat ‘n stukkie wortel is weer uit. Dit is beter om die oorblywende plant met ‘n onkruiddoder te spuit. Mens koop Ridder of Round-up as voorafbereide mengsels in ‘n spuitbottel by die supermark of kwekerye. Dit bevat glifosaat, ‘n middel wat die chlorofiel in die blare van plante vernietig en die plante gevolglik daarvan vrek. Dit bly nie in die grond agter om ander plante te benadeel nie. Dit maak net die plant wat gespuit word dood
.
 

Make a free website with Yola